Seepampoentjie
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Seepampoentjie kyk uit oor die hawe en bied gerieflike selfsorgverblyf in Britannica Heights, St Helenabaai. Dit is op 'n residensiële eiendom geleë waar die eienaars woon en dit bied 'n panoramiese uitsig oor die see en die hawe.
Die eenheid het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 mense. Die woonstel is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Vriesgeriewe kan gereël word. Etes kan by die etenstafel geniet word, en die eenheid is toegerus met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. WiFi-toegang is ook beskikbaar.
Die leefarea maak oop op die stoep met braaigeriewe met uitsigte oor die see en hawe. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n hek vir 'n voertuig.
Seepampoentjie is naby plaaslike strande, winkels, restaurante en die hawe en sowat 10 km vanaf die gewilde Golden Mile en Shelly Point Gholfbane. Gaste kan op die strand ontspan, en tussen Augustus tot November na die walvisse en kalwers in die baai kyk. In die lente kry die omgewing lewe met die bloeiende veldblomme.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 101
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Seepampoentjie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang