Seepampoentjie
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Seepampoentjie bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus ateljeewoonstel op 'n woonerf waar die eienaars ook bly. Die perseel is Britannica Heights, St. Helenabaai en het 'n panoramiese uitsig oor die see en die hawe.
Dié eenheid het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, tweeplaatstoof/oond, mikrogolf en 'n yskassie. Vriesgeriewe kan gereël word. Gaste kan hul maaltye saam om die etenstafel geniet en die eenheid het ook 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see en hawe. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is agter die hek beskikbaar.
Seepampoentjie is naby plaaslike strande, winkels, restuarante en die hawe en sowat 10 km vanaf die bekende Golden Mile- en Shelly Point-gholfbaan. Gaste kan op die strand ontspan, of tussen Augustus en November die walvisse en hul kalfies bewonder. Gedurende lente word die omgewing met pragtige veldblomme getooi.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 101
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Seepampoentjie het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Rocket Crescent, Britannica Heights, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang