Selborne Golf Estate, Hotel & Spa
- Kapasiteit: 98 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Main Road, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Selborne Golf Estate, Hotel & Spa bied bekostigbare verblyf in Pennington op KwaZulu-Natal se Suidkus. Die hotel is net 'n uur en 10 minute se ry van King Shaka Internasionale Lughawe en Durban se middestad af. Hierdie pragtige hotel is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n ontspannings- of sakewegbreek.
Verblyf is beskikbaar in Garden-kamers, Fairway-kamers, Manor-kamers, Garden-suites en 'n Presidensiële Suite. Elke kamer het lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kroegyskassie vol voorraad, komplimentêre toiletware, seep en ander luukshede.
Ontbyt word in die restaurant bedien waar ander heerlike etes ook bestel kan word. Kamerdiens is ook beskikbaar. Die hotel beskik ook oor 'n kroeg, 'n gastesitkamer, 'n swembad en 'n spa. Gholfspelers kan gerus die 18 putjie-gholfbaan op die landgoed kom aandurf.
Vir die sakereisigers is daar goed toegeruste konferensiekamers wat gehuur kan word vir sowat 60 afgevaardigdes. Ander spesiale geleenthede of troues kan ook gereël word - daar is 'n klipkapel op die landgoed.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Talya Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Old Main Road, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Selborne Golf Estate, Hotel & Spa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 98 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Main Road, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang