Successfully reported
+68

Serenity Du Bois Lodge

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4604 Eland Street, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Vanaf R1 450 R1 305 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Serenity Du Bois Lodge is 'n pragtige grasdak-lodge wat op die 3000 hektaar-reservaat, Marlothpark, geleë is. Dié reservaat lê aan die suidelike Krokodilriviergrens van die Krugerwildtuin en is slegs 15 minute se ry van die Krokodilbrug-ingangshek af. Daar is tientalle wildspesies in Marlothpark en heelwat diere kan rondom die lodge besigtig word.

Die lodge het slaapplek vir 14 gaste in 6 en suite-kamers met lugversorging, waarvan 5 kamers 'n patio het. Die lodge het selfsorggeriewe en 'n groot gemeenskaplike swembad. Daar is egter ook kroegetes en etes by die reservaat se restaurante beskikbaar indien gaste nie wil kook nie. Andersins kan gaste braai en luister na die bosgeluide — 'n leeu se brul of 'n hiëna se geroep, of die gegrom van 'n seekoei in die rivier.

'n Plonspoel bied lafenis in die snikhete somermaande. Wildkykritte en nagritte is beskibaar. Daar is gholfgeriewe naby die lodge. Die lodge-omgewing is 'n voëlkykersparadys en dit is naby Swaziland, Mosambiek en die Panoramaroete vir daguitstappies. Lughawe- en hotelvervoer is beskikbaar na en vanaf die lodge.

Gaste kan langs die Krokodilrivier gaan stap en na wild in die Krugerwildtuin kyk — dit is baie veilig aangesien daar 'n heining is wat die wild verhoed om heen en weer tussen Kruger en Marlothpark te beweeg. Die lodge is 4 tot 4½ uur se ry vanaf Johannesburg en Pretoria op die N12/N4 in die rigting van die Krugerwildtuin. Daaglikse vlugte is ook beskikbaar vanaf Johannesburg na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en vervoerdienste is beskikbaar vanaf die lughawe tot by die lodge.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 109 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Maryke M
Saam met lewensmaat
5.0
Kos vir jou siel in die hartjie van Marloth. Pragtige plek. Bernadette was ongelooflik vriendelik en het vir seker gemaak dat ons ten alle tye gemakli...
Sien meer
Aug 2025
Jannie K
Besigheidsreis
5.0
Dit was 'n "tuiste in die bos" vir my. Die kommunikasie van die gasvrou was baie goed en by my aankoms was sy baie aangenaam en tegemoetkomend. Sy het...
Sien meer
Jun 2025
Wimpie K
Saam met vriende
5.0
Die gasvrou het ons kamer smaakvol ingerig en die kombuis goed toegerus. Geweldig baie totdat 3 uiters selfsugtige lesbeens in die plek van die vriend...
Sien meer
Apr 2025
Sandra B
5.0
Relaxing. The host was wonderful and helpful. Trevor only had good things to say about the assistance and friendliness.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Dawid L
5.0
Wonderlike verblyf. My verblyf was wonderlik. Ek het die beste tyd gehad. Bernadette is 'n fantastiese mens en laat jou regtig tuis voel. Alles was pe...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Bernadette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 109

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • 4604 Eland Street, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Serenity Du Bois Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 450
R 1 450 R 1 305
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 450
R 1 450 R 1 305
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 450
R 1 450 R 1 305
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4604 Eland Street, Marloth Park, 1330, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc3853c130fa3469a95b1e6ca7f60bd1f1ce3f5488dbe28c25eb06c1914ea57d8e3939dad5ef37a817b7c297d2771362b68cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 450 nouVanaf R1 305 per nag, vir 2 mense 109 5 1 5 4604 Eland Street Marloth Park 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.344346004217 31.809700727463

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang