Sergels Vakansiehuis
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 188 Sweetwaters Road, Glen Eden, East London, 5275, Oos-Kaap
- Vanaf R4 800 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Sergels Vakansiehuis is 'n selfsorgvakansiehuis met 'n uitsig oor die Glen Eden-rivier in Oos-Londen. Die huis is op die Jikeleza-roete met wildritte, tradisionale stamtoere, kunsvlytwinkels, voetslaanroetes en asemrowende uitsigte. Daar is ook aktiwiteite soos perdry, vierwielmotorfietsritte en abseil in die omgewing.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuistoonbank het sitplek. Die leefarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek en 'n kuierarea met 'n piekniekbankie, kroegtafel en -stoel en binnebraaigeriewe. Die skuifdeure lei na die houtdek met 'n privaat swembad, Jacuzzi en 'n pizza-oond. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis met afstandbeheerde toegang beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Shaun Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 188 Sweetwaters Road, Glen Eden, East London, 5275, Oos-Kaap
- Gaste dink Sergels Vakansiehuis het ’n goeie ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 188 Sweetwaters Road, Glen Eden, East London, 5275, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang