Successfully reported
+19

Shallow Pig Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 27 Koedoesfontein, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Shallow Pig Cottage is op 'n klein werkende plaas geleë, net 11 km buite Parys en 30 minute se ry van Potchefstroom af. Die plaas is tussen die beeldskone koppies van die Vredefort-koepel, net af van die R53-teerpad af.

Dié selfsorgkothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 volledige badkamer. Daar is 'n oopplan-kombuishoekie, 'n etenstafel, 'n sitarea en kaggel met 'n gerestoureerde koolstoof, sowel as braaigeriewe buite.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Ekstra enkelbed kan bygevoeg word op versoek om gesinne te akkommodeer. Die badkamer het 'n bad, 'n stort en beeldskone uitsigte.

Daar is beperkte selfoonsein beskikbaar en die plaas maak gebruik van sonkrag en windkrag vir water en elektrisiteit. Toegang word verkry deur 'n 500 m plaaspad wat in 'n redelike toestand is. Meeste voertuie, soos 'n sedan kom goed reg.

Gaste is welkom om op te klim teen die koppies via die 3, 5 km lange staproete en die agterkant van die koepel tot die stroompie aan die onderkant van die plaas vir 'n piekniek of net 'n wandeling.
Indien dit vooraf gereël word kan gaste hul eie plaaseiers vir ontbyt of om huis toe te neem gaan uithaal.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nadine F
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Mooi, skoon, snoesige plekkie.
Sep 2025
Coléne V
Saam met vriende
5.0
Onvergeetlik, spesiaal, uitstekend. Onbeskryflik mooi, rustig met soveel gemak en detail. Natuur, rustigheid en sielerus in een so sorgvuldig en keuri...
Sien meer
Aug 2025
Erard S
Saam met vriende
5.0
Die moeite werd. Dit was verskriklik lekker gewees.
Jan 2025
Wendy B
Besigheidsreis
5.0
Excellent service and excellent accommodation. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Esme Frylinck F
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Rus vir die siel. Die kothuis het soveel meer as wat geadverteer word. Laat mens tuis voel. Die uitsig, skoon lug en plaaslewe maak ...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Petri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Portion 27 Koedoesfontein, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Shallow Pig Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 27 Koedoesfontein, Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80c4cf1333fb4583c63c988c3430d05964712e9a414496e5d630961757a3b5debf03f8ef011797c64359c02ab59b4383b0e1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 Portion 27 Koedoesfontein Potchefstroom 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.817043 27.38971
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang