Successfully reported
+21

Shamwari Sindile

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shamwari Private Game Reserve, 17 km from Paterson, 6130, Oos-Kaap
  • Vanaf R44 860 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Shamwari Sindile bied verblyf in 9 luukse, losstaande tente wat bo die omliggende bos uittroon en 'n pragtige uitsig bied. Die tente is ontwerp om intiem te wees en 'n harmonieuse eenheid met die omgewing te vorm sodat dit nie 'n impak daarop uitoefen nie. Shamwari Sindile is in die Shamwari Privaat Wildreservaat, 'n Groot 5-wildreservaat geleë. Dié reservaat is malaria-vry en is in die Oos-Kaap 85 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth).

Elke tent het WiFi, lugversorging, 'n telefoon wat internasionale oproepe kan maak, internasionale kragpunte, 'n privaat yskassie, haardroër, elektroniese kluis, en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, buitestort, kaggel en 'n sit- en eetarea. Elke tent het 'n privaat dek met 'n verhitte plonspoel en 'n sitarea onder 'n pergola.

Dié luukse tentkamp het 'n sentrale eetarea en 'n kroeg met 'n uitsig oor die reservaat. Hier sal gaste 'n groot oestafel en vuurput aantref. Die kamp het ook 'n ontvangsarea, sitarea, geskenkwinkel, 'n dek met 'n vuurput, 'n boma, ontspanningsoord en WiFi. Daar is 'n kaggel en 'n TV in die kroeg en sitarea, en nog 'n kaggel in die eetkamer.

Gaste kan wildkyk vanuit moderne, oop wildkykvoertuie wat spesiaal ingerig is vir gemak en 'n goeie uitsig bied. Die wildbewaarder bied insig en waardevolle inligting oor die area se plante- en blommeryk. Gaste kan tussen wildritte ontspan, lees, spa-behandelings geniet, swem, heerlike kos eet, 'n wild-staproete onderneem of een van die 2 Born Free Big Cat Sanctuaries besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Ligging

  • Shamwari Private Game Reserve, 17 km from Paterson, 6130, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 44 860
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 44 860
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 44 860
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Shamwari Private Game Reserve, 17 km from Paterson, 6130, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84dccd4444b19558c12954ec8d49318626ca90a27367162af2f4dd1e067c71f8feb4196ad15882223ea9f8ab77a6690567af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R44 860 per nag, vir 2 mense Shamwari Private Game Reserve 17 km from Paterson 6130 Oos-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 11:00 -33.498572906282 26.081010485775
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang