Shangri-La
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Shangri-La is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Marlothpark in Mpumalanga. Dit is die ideale opsie vir 'n rustige bosveldwegbreek aangesien daar 'n privaat, verhitte plonspoel is.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die ander twee slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort. Slegs 2 van die slaapkamers het lugversorging terwyl die derde slaapkamer 'n dakwaaier het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, 'n yskassie, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek sodat gaste maaltye saam kan nuttig. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Shangri-La het 'n rugsteunstelse vir water en krag in die geval van beurtkrag.
Die leefarea lei na 'n houtdek met gemaklike buitemeubels, 'n vuurput, 'n etenstafel en 'n verhitte plonspoel. Braaigeriewe is beskikbaar en hier kan gaste heerlik met 'n skemerkelkie ontspan en na die voëlgesang en klanke van wilde diere luister.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dupie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Shangri-La het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang