Shangri-La
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Shangri-La is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Marloth Park, Mpumalanga. Vir diegene wat 'n rustige wegbreek in die bosveld soek, kan dit 'n ideale opsie wees aangesien die eiendom bederf met 'n privaat verhitte plonspoel.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed asook 2 enkelbeddens. Dit beskik ook oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende 2 slaapkamers is ook ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort. Slegs 2 van hierdie slaapkamers het lugversorging en die derde slaapkamer het 'n plafonwaaier. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, yskassie, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.
Shangri-La het rugsteunstelsels vir water en krag in geval van beurtkrag.
Hierdie leefarea maak oop op 'n houtdek met gemaklike buitemeubels, 'n vuurput, 'n etenstafel en 'n verhitte plonspoel. Braaigeriewe is ook buite beskikbaar en gaste kan ten volle ontspan met 'n skemerkelkie terwyl hulle na die omliggende voël- en wildlewe luister.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Dupie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Shangri-La het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1590 Volstruis Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang