Successfully reported
+221

Shangrila-Innibos Country Lodge

  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104 Old Rustenburg Road, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Shangrila-Innibos Country Lodge word omring deur die majestueuse Magaliesberge en is oorkant wêreldbekende bewareas vir olifante en apies geleë.

Hartbeespoortdam is dié plek om te wees, of dit nou vir 'n Sondaguitstappie, 'n naweekwegbreek of 'n lang vakansie is. Terwyl jy in Hartbeespoortdam is, is Shangrila-Innibos die ideale plek om te bly. Dit is naby al die besienswaardighede en doendinge, en tog weg van die massas af.

Shangrila-Innibos Country Lodge is 'n privaat oord waar gaste kan kies uit 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies wat by hul spesifieke voorkeure en begroting pas. Die kampeerterreine is lekker in die koelte op die gras. Daar is privaat badkamers en braai-areas wat onderdak is. Neem asb. kennis dat gaste al hul eie kamptoerusting en karavane of tente moet saambring. Die houthuisies beskik oor en suite-badkamers, 'n beskutte, gemeenskaplike dek en braai-areas met boma's. Die grasdak-chalets beskik elk oor 'n oopplan-slaapkamer en -leefarea, rustieke en suite-badkamer, kombuisie en patio met braaigeriewe en 'n boma. Die romantiese Franse stalkamers is versier met 'n Franse tema en bied slaapplek vir 2 gaste. Die 2 gaste-suites het elk 'n en suite-badkamer en basiese braaigeriewe. Die wittebrood-eenheid met die grasdak het sy eie tuin en 'n patio met 'n ingeboude braai.

By Shangrila kan gaste ontspan langs die verfrissende swembad, terwyl die kinders in die parkie speel, of op die trampolien, swaaie en heerlike grasperke baljaar. Daar is ook pragtige bosroetes om te verken.

Besienswaardighede in die omgewing: Hartbeespoort Sweefspoor, Bill Harrop's Ballon Safari's, Ann van Dyk Cheetah Centre, The Elephant & Bushbabies Monkey Sanctuaries, Ukutula Game Lodge & Conference Centre, Van Gaalen Kaas Makerij en Lesedi Kutluurdorp.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Konferensiegeriewe
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 244 resensies

Goed

Netheid
3.7
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Kobus H
Saam met lewensmaat
5.0
Very nice and relaxing. It was a relaxing stay and very peaceful. The perfect getaway from the hustle and bustle of the city.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Hermina L
Gesin met klein kinders
5.0
Beste plekkie vir wegbreek. Netheid. Rustig en die staf is baie behulpsaam. Dit is 'n fantastiese plekkie. Die beste diens ontvang. Sal enige tyd weer...
Sien meer
Jul 2025
Fritz W
Gesin met tieners
5.0
Family. Was amazing en rustig.
Jun 2025
Bradley V
Saam met lewensmaat
5.0
Very relaxing, good service, clean and user friendly. Very relaxing and clean.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Fanie M
Saam met vriende
5.0
Baie lekker plek. Baie lekker plek omby te bly en die personeel is eiters behulpsaam en gaan uit hulle pad uit om jou te help en welkom te laat voel. ...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 244

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • R104 Old Rustenburg Road, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Shangrila-Innibos Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R104 Old Rustenburg Road, Zandfontein, Hartbeespoortdam, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8c178e4618ee74e38ad7fb91244953f962640fc06e0fa7e48d531af568f392ce61c8e3f14d4e8ba138a44fcba35df32d610?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 244 5 1 4 R104 Old Rustenburg Road Zandfontein 0280 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.719254232344 27.808401941139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang