Successfully reported
+18

Shebeth Self-catering

Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2025 tot 7 Des 2025.

  • Kapasiteit: 15 persone
    12 volwassenes, 3 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1926 Mamba Street, Marloth Park, 1763, Mpumalanga
  • Vanaf R5 700 R4 560 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Shebeth Self-catering is 'n vakansiehuis in die Marlothpark wildbewaararea. Die dorp grens aan die Krugerwildtuin en is sowat 22 km vanaf die Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin.

Die perseel het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 1 hoofhuis met 3 slaapkamers met lugversorging, 'n kothuis met 2 slaapkamers en nog 'n eenheid met een slaapkamer. In die hoofhuis het elke kamer 'n koningingrootte-bed. Twee van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad n stort en daar is 'n gastetoilet. Die hoofhuis het ook 'n goed toegeruste kombuis met alle nodige toebehore asook 2 yskaste en die leefarea bied toegang na 'n dek met 'n braai-area 'n swembad wat oor 'n park uitkyk.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, waarvan die een 'n solderkamer is. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Die solderkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens en 'n waaier. Die kothuis het 'n kombuisie op die onderste verdieping met lugversorging. Die derde eenheid is 'n oopplan-kamer met 'n koningingrootte-bed, 2 slaapbanke en lugversorging. Die perseel het ook veilige parkeerplek vir voertuie.

Gaste sal meeste dae verskeie wild sien soos 'n sebra, kameelperd, koedoe, vlakvark, impala, wildebees, bosbok, duikers en bosapies wat die huis en die area besoek.

Die huis is 1,2 km van die Krugerwildtuin se draad af, wat by die Krokodilrivierhek is, die hek grens aan Marlothpark en die Krugerwildtuin en gaste kan soms die Groot 5 sien vanaf die draag sonder om die park binne te gaan.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 6 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbank vir 1

1 x Kinderbed vir 2

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Lillani R
Saam met lewensmaat
5.0
We had a very pleasant stay, definitely recommended. Absolutely definitely book again! The house is perfect for a family or big group. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Sarie P
Saam met vriende
5.0
Pragtige plekkie. Sal enige een aanbeveel. Ons het baie lekker gebly. Plek is goed toegerus met alles wat mens nodig het. Al probleem is, julle sal mo...
Sien meer
Aug 2025
Candice S
Saam met lewensmaat
5.0
Neat, tidy, great location, great host, great staff. We had a fantastic stay at Shebeth. The home was incredibly neat, with everything ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Genevieve H
Gesin met klein kinders
5.0
Regtig 'n baie mooi en lekker blyplek. Goeie more. Baie, baie, baie, baie dankie vir 'n wonderlike vakansie. Ons het lekker gebly. Baie mooi plek. Dit...
Sien meer
Mei 2025
Jolanda H
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Goeie ligging vir bosstilte. Ons het baie lekker gebly. Sal vir seker weer gaan. Baie spasie en goed toegerus.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Claire Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 1926 Mamba Street, Marloth Park, 1763, Mpumalanga
  • Gaste dink Shebeth Self-catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 700
R 5 700 R 4 560
per nag, vir 12 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R5 700
R 5 700 R 4 560
per nag, vir 12 mense
Vanaf R5 700
R 5 700 R 4 560
per nag, vir 12 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
    12 volwassenes, 3 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1926 Mamba Street, Marloth Park, 1763, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA047f0dfe0ab9ed697bffee20310be91a93e2fdfbbe0951351bd2caef112f74e06b1eda88d2cfe4d7a896120ea76f4bcab647?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 700 nouVanaf R4 560 per nag, vir 12 mense 46 5 1 5 1926 Mamba Street Marloth Park 1763 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-23:00 10:00 -25.342106660241 31.7731011374

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang