Shelley Point on Sea
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 1st Avenue, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Vanaf R4 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Shelley Point on Sea is op die noordelike punt van Shelley Point-skiereiland in St. Helenabaai geleë en bied selfsorgverblyf aan 4 gaste.
Die woonstel op die grondverdieping bied toegang tot Golden Mile se strande wat 4,5 km ver strek en het 'n privaat ingang met 'n ontvangsportaal. Daar is 2 slaapkamers met lugversorging, 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer en 'n kuierstoep.
Let asb. dat gaste slegs die woonstel op die grondverdieping kan bespreek, en nie die hele huis nie.
Die eiendom beskik oor 2 kamers wat elk 'n koninggrootte-bed het en 1 van die kamers se bed kan op versoek in 2 enkelbeddens omskep. Albei kamers het en suite-badkamers, een met 'n dubbelstort en die ander een met 'n instapstort. Die badkamers het ook baddens, dubbelwasbakke, toilette en verhitte handdoekrelings. Linne en handdoeke word voorsien en strandhanddoeke is op versoek beskikbaar. Daar is ook 'n warm- en kouewaterstort buite.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye saam in die eetarea of op die stoep geniet.
Verder kan gaste in die sitarea ontspan voor die TV met sekere DStv-kanale en Netflix. WiFi is beskikbaar en die area lei na 'n kuierstoep met 'n gasbraai vanwaar gaste die dolfyne en walvisse kan dophou wat nou en dan kopuitsteek.
Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Shelley Point on Sea is op 'n sekuriteitslandgoed met 'n 9 putjie-gholfbaan geleë en die strand bied verskeie aktiwiteite soos swem, branderry, sweefski en kajakvaart. Gaste kan ook die area met fynbos, verskeie voëlspesies, robbe en ander seelewe verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 58 1st Avenue, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
- Gaste dink Shelley Point on Sea het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 1st Avenue, Shelley Point, St Helena Bay, 7390, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang