Shengeza Lake Lodge
Kry 10% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 23 Okt 2025 tot 24 Nov 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the A1076 Road, Shengeza Lake, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 950R3 555 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Shengeza Lake Lodge kan tot 10 mense akkommodeer en is ideaal vir branderplankryers, vissers, avontuurlustiges, natuurliefhebbers, vriende en familie. Gaste benodig 'n 4x4 of SUV om by hierdie instansie uit te kom.
Die lodge bestaan uit 2 rustieke eenhede wat gemaklik gemeubileer is. Die eerste eenheid bestaan uit 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk, en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid het ook 'n kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die tweede eenheid bestaan uit 2 slaapkamers wat elk met 2 enkelbeddens gemeubileer is, en maak gebruik van 'n buitestort met stort.
Albei eenhede het 'n dek, en daar is 'n eet- en sitkamer, sowel as 'n ingeslote braai-area. 'n Boma, 'n pizza-oond, sowel as 'n plonspoel is beskikbaar vir gebruik. Die eenhede word daagliks skoongemaak.
Vir die meer avontuurlustiges is daar ook 4 kampeerplekke. Die staanplekke het nie elektrisiteit nie, en maak gebruik van rustieke badkamers met storte. Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met gasstowe en gasvrieskaste. Gaste moet al hul kampeertoerusting saambring, en skoonmaakdienste is op aanvraag beskikbaar.
Shengeza Lake Lodge is heeltemal af van die kragnetwerk en maak gebruik van sonkrag-aangedrewe beligting en geisers, gasyskaste-vrieskaste, sowel as 'n gasstoof en oond.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
3.8/5
Lucie & Jaco Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 1
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Off the A1076 Road, Shengeza Lake, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shengeza Lake Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the A1076 Road, Shengeza Lake, Manguzi, 3973, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang