Successfully reported
+45

Sieniesee

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    3 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Protea Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Sieniesee is 'n gerieflike woonstel vir 'n gesin in Danabaai in Mosselbaai. Daar is talle winkels, restaurante, besienswaardighede en aktiwiteite naby en die strand is net 'n entjie se ry in die straat af.

Die woonstel bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n enkelbed en 'n stapelbed in die leefarea.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n groot dubbelskuifdeur wat na die tuin lei waar daar braaigeriewe en 'n onbelemmerde see-uitsig is. Daar is selfs bokke en fisante wat soms in die tuin wei.

Die strand naby die huis is 1ste Strand en dit is sowat 1 km ver. Let dat dit nie 'n swemstrand is nie omdat daar seestrome is. Gaste kan dalk in die winter dolfyne en walvisse in die water sien baljaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sandra B
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige see uitsig en alles wat jy nodig het vir vakansie! Ons het baie lekker gebly en niks kortgekom nie. Die huis is goed uitgelê en alles wat jy ...
Sien meer
Okt 2025
Willie L
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Ons het heerlik gebly met 'n fantastiese uitsig, baie spasie en 'n vriendelike gasheer. Defnitief goeie waarde vir geld.
Apr 2025
Ian K
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Dit was 'n baie lekker verblyf met vreeslik mooi see-uitsig.
Jan 2025
Frikkie M
Saam met lewensmaat
5.0
Onvergeetlik. Onverbeterlik, sal weer daar gaan bly.
Mrt 2024
Janssens G
Saam met lewensmaat
4.8
Good, clean. Everything available for self-catering. 100%. Good contact with a friendly owner. Nice views and not too far to the beach....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 57 Protea Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sieniesee het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ruim slaapkamer
Slaapkamer sonder trappe
Breë slaapkamerdeur
Breë ingangsdeur
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 1 300
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    3 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Protea Road, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAmONVpNwhntc0WBWB7FRCQcZnFxQC6HzDmauuzNjXhBjlsNkiOH?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 5) 39 5 1 5 57 Protea Road Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.202623 22.04465

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang