Crystal Clear Guest House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Johanna Street, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Crystal Clear Gastehuis is 'n selfsorghuis in Parys, 50 m van die Vaalrivier af, en is ideaal vir 'n rustige wegbreek vir die hele gesin of 'n groep vriende.
Die omskakelaar dek die ligte, TV en yskas tydens beurtkrag.
Die huis bied slaapplek vir 7 gaste, waarvan 6 volwassenes en 1 kind, en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 2 leefareas. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie slaapkamers deel die gebruik van die tweede badkamer, wat met 'n bad en 'n stort toegerus is.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasoond en -stoof, mikrogolfoond, elektriese en gasketel, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, sowel as 'n sentrale eetkamertafel met sitplek vir 6. Die kombuis lei na 'n hoofleefarea met 'n kroeg en 'n sitkamer met gemaklike rusbanke voor 'n TV met DStv. Die tweede leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n kaggel vir daardie koue winteraande.
Gaste kan ook kamers bespreek wat 'n koffiestasie en 2 kamers insluit, elk met sy eie badkamer. 'n Gedeelde sitkamer is beskikbaar, en gaste kan steeds die buitebraai-area gebruik.
Gaste het toegang tot 'n tuin, 'n binnebraai en 'n braai, 'n swembad en veilige onderdakparkeerplek. Die huis het 'n alarmstelsel en kameras. WiFi is beskikbaar. Hierdie eiendom het ook 'n omsetter wat die ligte en TV aandryf. Die eiendom het 'n kragopwekker sowel as 'n watertenk. Daar is ook altyd warm water. Die verblyf is naby 'n winkelsentrum. Wildritte kan ook gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Suria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 4 Johanna Street, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Crystal Clear Guest House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 7 persone
6 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Johanna Street, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang