Successfully reported
+30

Sifrandi

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Konkiebaai No. 2, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 800 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Sifrandi is 'n pragtige houthuis op 'n heuwel met 'n uitsig oor Konkiebaaistrand en is in Eersterivier in die Tsitsikamma-area geleë. Dié unieke seefronthuis het 'n paadjie wat direk na die strand lei en is ideaal vir 'n groep vriende, gesin of 'n romantiese wegbreek vir 2.

Dié drieslaapkamerhuis spog met 'n see-uitsig vanuit elke kamer. Daar is 'n en suite-slaapkamer op die grondverdieping, asook 'n kombuis, opwasarea, 2 leefareas en 'n eetarea. Die eerste verdieping het 'n oopplan-leefarea en 2 en suite-slaapkamers, elk met 'n privaat balkon.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n pragtige en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed, en die en suite-badkamer het 'n stort. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n dubbelbed in die solder vir kinders.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n mikrogolf toegerus. Verder is daar 2 leefareas, elk met 'n kaggel wat ideaal is vir 'n koue wintersnag. Gratis WiFi en DStv word voorsien. Die leefarea op die boonste verdieping het 'n lessenaar wat Sifrandi ook 'n uitstekende plek vir sakereisigers maak. Die dek is die ideale plek vir skemerkelkies, braai, ontspan of om 'n koppie tee of koffie vroegoggend te geniet. Een van die dekke het 'n boma, 'n braai-area en 'n pizza-oond, en die oostelike dek het 'n gasbraai wat gaste toelaat om in alle weerstoestande te braai.

Eersterivier is op die rotsagtige, ongerepte kuslyn van Tsitsikamma op die bekende Tuinroete weggesteek. Dit is afgeleë en veilig, en die uitgestrekte strand is ongerep, met 3 verskillende baaie om in te duik of die son en die sagte sand te geniet. Kinders kan heel dag lank die kristalhelder rotspoele met 'n oorvloed seelewe verken. Dolfyne en walvisse kan elke jaar in die water gesien word, en gaste kan ook visvang van die rotse af. Fynbos Gholfbaan is 'n entjie se ry vanaf Sifrandi, waar gaste tennis, gholf of muurbal kan speel, die modern gimnasium kan gebruik of maaltye in die restaurant op die perseel kan geniet.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Franette Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 137

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Eersterivier Road, Konkiebaai No. 2, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
  • Gaste dink Sifrandi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 800
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 800
per nag (plek vir 7)
Vanaf
R 3 800
per nag (plek vir 7)
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivier Road, Konkiebaai No. 2, Tsitsikamma, 6303, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ce94f5f65a726b67b5aa8c1ac226748841fcbdc02e4e84554027e22d295b4548302247cf9bfcf2a08e1215981f9a0d540ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag (plek vir 7) 28 5 1 5 Eersterivier Road Konkiebaai No. 2 6303 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.071899016384 24.222253504299
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang