Successfully reported
+122

Silver Forest Boutique Hotel and Spa

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cnr Parel Vallei and Silverboom Kloof, Spanish Farm, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 860 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Silver Forest Boutique Hotel and Spa is in Somerset-Wes in die Wes-Kaap en dié area is bekend vir sy landskaproetes, voetslaanroetes, wynproegeleenthede en ikoniese besienswaardighede soos Cheetah Outreach, Helderberg Natuurreservaat en die Root 44-markie. Dis die ideale plek vir diegene wat van die stad wil ontsnap.

Verblyf beskik oor die luukse tuinsuite, luukse woudsuite en die privaat tuinsuite-kothuise. Die luukse tuinsuite bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n TV, WiFi en 'n Nespresso-koffiemasjien. Daar is ook 'n kluis vir 'n skootrekenaar, USB-koppelpunt, Netflix en 'n yskassie.

Die luukse woudsuite bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, 'n yskassie, Nespresso-koffiemasjien, houtvuurwarmbad en 'n buitestort.

Daar is 2 kothuis-tuinsuites - 'n Deluxe-eenheid en 'n standaardeenheid. Elkeen beskik oor 1 slaapkamer vir 2 gaste. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n yskassie, 'n sitarea, 'n eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV en WiFi in. Die Deluxe Cottage Garden Suite het toegang tot 'n privaat warmbad.

Daar is 'n swembad, veilige parkeerplek en 'n restaurant, 3 Kitchens, op die perseel. Gaste is welkom om wyn te proe en te swem op die perseel.

Aktiwiteite in die omgewing sluit visvang, bergfietsry, wynproe en swem in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Morkel B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons sien julle weer! Ben & Amber was vriendelik en baie behulpsaam. Fantastiese ontbyt gehad.
Okt 2025
Esti K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, lekker kos, goeie diens. Heerlik! Perfekte naweek weg.
Mei 2025
Desmond W
Saam met lewensmaat
5.0
Super romanties en uitstekende diens! Ons het ongelooflik lekker gebly en die diens van die bestuurder tot die kelners was uiters professioneel en pui...
Sien meer
Mrt 2025
Marlene D
Besigheidsreis
5.0
Felt like paradise. Absolutely beautiful!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Jacques P
Saam met lewensmaat
5.0
Te kort. Ons het Silver Forest baie geniet en sal dit definitief aanbeveel. Die kamers is ruim en modern en die restaurant bedien eerste klas kos.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Penny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Cnr Parel Vallei and Silverboom Kloof, Spanish Farm, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Silver Forest Boutique Hotel and Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 860
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 860
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 3 860
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cnr Parel Vallei and Silverboom Kloof, Spanish Farm, Somerset West, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAffc8f274badcd433f4bcd05dc6c507cc28da732b3a2fc58a3a86d47be3e352fa31d193c8254dc42964b6cbe67505d4993c92?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 860 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 Cnr Parel Vallei and Silverboom Kloof Spanish Farm 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -34.055657402183 18.859361466132

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang