Successfully reported
+33

Ballots Bay - Silver Mist

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Imbali Close, Ballots Bay, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ballots Bay - Silver Mist is 'n privaat selfsorghoutkothuis in 'n natuurreservaat in George. Gaste wat die kothuis huur het toegang tot die hele reservaat insluitend braai-areas in die baai, 'n piekniekplek in die woud, fynbos, wildkykwandelinge en 'n ongelooflike verskeidenheid voëls asook pragtige uitsigte.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het lugversorging. Die knus slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n versteekte buitestort met 'n mooi uitsig oor die kloof, inheemse woud en Outeniekwaberge.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf, eetgerei, breekware en Nespresso-koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n klein etenstafel met stoele. Hierdie area lei na die leefarea met 'n gemaklike rusbank van egte leer en 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n omsetter om die impak van beurtkrag te verminder.

Die balkon het buitesitplek en 'n pragtige uitsig oor die Indiese Oseaan soos die 'n perfekte V vorm in die rigting van die monding van die Meulenrivier in Ballotsbaai.

Die privaat baai en natuurreservaat is ongeveer 100 hektaar groot en is slegs vir die gebruik van gaste en inwoners. Dit bied privaatheid en eksklusiewe toegang tot 'n baai van 60 m wyd met 2 braai-areas, goeie visvangplek en Knysna-loeries wat die agtergrondmusiek voorsien.

Gaste kan voetslaan in die magiese woud en tussen die fynbos en manjifieke plantegroei gaan stap. Daar is 'n rotsagtige kranspaadjie wat lei na die geheime Cleopatra's Pool. Die verblyf is 'n paradys vir voëlkykers en natuurliefhebbers. Gaste kan ook verwag om wildebeeste, sebras, volstruise, bosbokke, springbokke en rooikatte te gewaar.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Altus L
Saam met lewensmaat
5.0
Breathtaking, relaxing, scenic. Wow, great view. You have to see it to believe it. Great place to travel with a partner and to experien...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Hennie J
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend, van begin tot einde, 'n absolute juweel, en 'n 5 ster lekker gasheer. Lekker inderdaad. Ons gasheer het ons so tuis laat voel, uit sy pad ...
Sien meer
Jul 2025
Sandy T
Saam met lewensmaat
5.0
Romantic getaway with stunning views, cosy accommodation, and treasured memories. Romantic winter escape with breathtaking views. We ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Salome J
Saam met lewensmaat
5.0
Breathtaking and spectacular. Located 7.3 km from the Garden Route Mall, you are hidden in a log cabin with spectacular views, yet clos...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Adriaan D
Saam met lewensmaat
5.0
Hemel op aarde. Mees ongelooflike plek, pragtige natuur, uitsig en vrese.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Basson Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 117

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 34 Imbali Close, Ballots Bay, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ballots Bay - Silver Mist het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 750
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Imbali Close, Ballots Bay, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9833a729f27e9a52f6063026dcd2266660d19e3c311b6f8f94f042a2e65ad14074be3db4175a4d900cc45f4ee8184ddbb46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 34 Imbali Close Ballots Bay 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.00998239516 22.535173366425
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang