Successfully reported
+31

Sitterus

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 De Jager Street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Sitterus is 'n gerieflike gemeubileerde selfsorghuis vir 6 gaste in Stilbaai.

Die eenheid is op die grondverdieping geleë en beskik oor 'n privaat ingang, 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. Gemeenskaplike wasgoedgeriewe met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.

Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitkamer voor die TV met EasyView-kanale ontspan. Indien gaste meer DStv-kanale wil kyk, kan hulle hulle eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring. Netflix is ook beskikbaar.

Buitebraaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Geen partytjies of ekstra gaste word toegelaat nie, mits dit vooraf so gereël is met die gasheer en gasvrou.

Stilbaai het 'n hele rits doendinge en besienswaardighede, soos die Inverroche-distilleerdery, voetslaan in die natuurreservate, voëlkyk en om die palings by die Stilbaai Toerismeburo te voer.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 10 De Jager Street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sitterus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 De Jager Street, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAL490W9xYHv7KprQMW74WBsIF1zXa7ecgzSUSPzzEo2oFpHsHLd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense 23 5 1 5 10 De Jager Street Stilbaai 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.368732916319 21.421349317791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang