Successfully reported
+16

Sleepers Guest Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Hutchinson Street, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Sleepers Guest Lodge is in die dorpie Bloemhof in die Noordwes geleë. Vir 'n welverdiende nagrus is dit die ideale plekkie vir rus en vrede weg van die geraas van die hoofstraat se verkeer. Bloemhof is 'n klein dorpie op die oewer van die Vaalrivier en naby die Bloemhofdam Natuurreservaat. Dit bied gaste die kans om 'n verskeidenheid dier- en voëlspesies van naby te aanskou, of sommer net om lekker te kom visvang in die dam en rivier.

Verblyf word aangebied in 8 goed toegeruste kamers. Ses van die kamers het slaapplek vir 1 tot 3 gaste en 2 van die kamers het slaapplek vir 6. Die beddens is netjies oorgetrek met vars, wit linne en donsige duvets waaronder jy lekker kan opkrul in netjiese en skoon kamers. Vir gaste se gerief het elk van die kamers 'n privaat en suite-badkamer, WiFi, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kamers is ook nuut opgeknap en weerspieël 'n opgedateerde, elegante gevoel met moderne geriewe wat 'n huislikheid aan die kamers gee.

Ontbyt en aandete moet asseblief vroegtydig bespreek word. Dit word in die eetkamer op die perseel bedien. 'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. Die perseel is ommuur en daar is veilige parkeerplek beskikbaar.

Die kombinasie van Sleepers Guest Lodge se hartlike gasvryheid en goed toegeruste kamers verseker goeie waarde vir geld.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 92 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Eliot M
Gesin met klein kinders
5.0
Great. Our stay was wonderful; we have no complaints.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Elize V
Saam met vriende
5.0
Gerieflik. Baie netjies, gerieflik en goeie waarde vir geld.
Mrt 2025
Kabelo M
Saam met lewensmaat
5.0
Had a good time with my partner. I could explore Bloemhof knowing I'm safe. Had a great time. Not sure if the water stays cold, but I w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Wessie V
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike en opregte Vrystaat ontvangs. Baie lekker. Gemaklik, skoon en baie netjies.
Okt 2024
Lynette V
Saam met lewensmaat
5.0
Oorslaap oppad Gauteng toe. Plek is gerieflik en netjies met alles wat nodig is.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Trix Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 92

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 2 Hutchinson Street, Bloemhof, 2660, Noordwes
  • Gaste dink Sleepers Guest Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 3)
Vanaf
R 750
per nag (plek vir 3)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 Hutchinson Street, Bloemhof, 2660, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVkNTQwY2RmLTI3ZTQtNDU1Zi05ZmM3LTBmMzY3ZmU1NGE0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 3) 92 5 1 5 2 Hutchinson Street Bloemhof 2660 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.648175098355 25.609487593174
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang