Smiths Cottage
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Mount Argus Road, Umgeni Heights, Durban North, 4051, KwaZulu-Natal
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Smiths Cottage is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom in die hartjie van Umgeni Heights, Durban-Noord. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n klein gesinswegbreek, aangesien die eiendom 'n uitnodigende swembad het wat ideaal is vir die somer.
Dié woonstel het gemaklike slaapplek vir 5 gaste op 'n slag, want dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n ontbytkroeg met stoeltjies asook 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n ekstra enkelbed. Vir gaste se vermaak is 'n TV en gratis WiFi beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat onderdakstoep met 'n tafel en stoele asook braaigeriewe. Gaste het volle toegang tot die gedeelde swembad op die perseel om op daardie warm somersdae af te koel. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.2/5
Pat Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 5 Mount Argus Road, Umgeni Heights, Durban North, 4051, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Smiths Cottage het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 5 Mount Argus Road, Umgeni Heights, Durban North, 4051, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang