Smuts Acres
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 24 Nov 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Strand Street, Longacres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 900R1 710 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Smuts Acres is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die ongerepte Longacres Country Estate in die hartjie van Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aan die Weskus aangesien die landgoed baie doendinge en geriewe het en naby die strand is.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Boonop het hierdie huis 'n binnenshuise onthaalruimte met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel in 'n dubbelmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Annome Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 39 Strand Street, Longacres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Smuts Acres het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Strand Street, Longacres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang