Soleil South Coast
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Goodlands Road, Anerley, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
- Vanaf R730 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Soleil is 'n selfsorghuis in Anerley aan die Suidkus van KwaZulu-Natal in Anerley. Soleil bied rustige verblyf aan vakansiegangers. Dit is 12,2 km buite Hibberdene en slegs 1 km vanaf Southport, 'n Blouvlagstrand. Die huis het gemaklike slaapplek vir 5 gaste. Let asb. daarop dat Soleil ’n onafhanklike watersisteem het.
Die huis het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n addisionele enkelbed in die sitkamer. Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is 'n bad, stort en outomatiese wasmasjien. Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese stoof, mikrogolf, yskas, ketel en broodrooster. Eetgerei en breekware word ook voorsien. Die sitkamer het 'n TV, bring asseblief jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart. Die opset is geskik vir 'n gewone DStv-dekodeerder of die Explora-dekodeerder. Die patio het 'n tafel en stoele met 'n draagbare braai. 'n Bababed is beskikbaar teen geen ekstra koste. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie en rook is verbode binne. 'n Skoonmaakdiens is op versoek teen 'n klein bedrag beskikbaar.
Daar is 'n alarmstelsel asook 'n toesluitmotorhuis. Die huis is naby die pragtige strande en goeie hengelplekke geleë. Plaaslike doendinge soos die gholfbaan, bergfietsry, restaurante, en die Lake Eland Wildreservaat bied pret vir die hele gesin.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 68
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 15 Goodlands Road, Anerley, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Soleil South Coast het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Goodlands Road, Anerley, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang