Successfully reported

Sommerso

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Lizan V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Ongelooflik lekker en mooi. Rustig en veilig. Ons het heerlik gebly in Sommerso. Dit het 'n ongelooflik mooi uitsig. Die huis is volledig toegerus met alles wat jy kan nodig kry. Die huis het 'n gemaklike en warm atmosfeer en voel soos jou eie huis. Sal dit enige tyd met groot vrymoedigheid aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charlotte J
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

Feels like home. Huisie was pragtig. Mooiste see uitsig. Alles wat jy nodig het. Naby aan alles. Sal definitief weer hier kom bly. Die eienaars is baie vriendelik en laat jou tuis voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jovan J
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Uitgerus - Baie tevrede. Dit was regtig die beste plek nog waar ons gebly het in Dannabaai. Die see-uitsig is 180 grade by die braai-area op die stoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chrisna
Sommerso
More Jovan. Dankie vir julle gasvryheid ook, ons sal jul graag weer huisves. Chrisna

Denise R
Lang verblyf
5.0
Apr 2023

Ons het besonder lekker gebly by Sommerso! Sommerso is 'n pragtige, moderne, goed toegeruste, ruim, netjies en skoon huisie in Danabaai met uitstekende see-uitsigte. Die beddens was ook baie gemaklik so ons het heerlik geslaap ook. Chrisna en Ben is baie gasvry, vriendelik, besorg en tegemoetkomend. Danabaai is 'n lieflike en rustige plekkie weg van die stadsverkeer. Ons kon regtig nie kla oor enigiets nie en sal graag weer daar wil gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chrisna
Sommerso
Middag Denise Dankie vir die terugvoering, ons is bly julle het dit geniet en sien uit om julle weer te kan huisves in Sommerso. Sterkte vir die jaar vorentoe en mag jul geseend wees. Chrisna en Ben

Mariska R
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2023

Baie mooi, skoon en netjies. Baie veilig en 'n mooi plek, sal weer daar boek, baie dankie. Mense baie vriendelik, almal groet. Een van die beste vakansies wat ons gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chrisna
Sommerso
Môre Mariska, dankie vir jou terugvoeing. Ons sal julle graag weer daar wil huisves. Alles wat mooi is en voorspoed vir die nuwe jaar. Chrisna en Ben

Coralie G
Lang verblyf Saam met vriende
4.8
Des 2023

Vreeslik lekker. Ons het 'n baie lekker tyd gehad, die plek is baie mooi en netjies! Die uitsig is amazing en die eienaars is baie gasvry!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Linda S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2022

Beste akkommodasie in Danabaai! Ons kan net nie fout vind met Sommerso nie! Van die aankoms voel mens tuis, daar is alles wat mens nodig het en meer! Die erf agter is 'n groot bonus vir besige kinders en honde, so veilig om te speel, dierekinders kan nie uitkom nie. Die huis is baie gemaklik en goed ingerig, as jy 'n kas oopmaak dan is dit wat jy nodig het daar. Die eienaars het werklik alles so mooi uitgedink. Load shedding was nie eers 'n groot probleem nie, want daar is genoeg herlaaibare ligte. Sal Sommerso beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Chrisna
Sommerso
Dankie LINDA ons hoop om julle weer in die toekoms te sien, dit was n plesier om jul te huisves. Chrisna van der Westhuizen

Abraham D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2022

Beautiful place with amazing views. This 3 bedroom 2 bath home had everything we needed for our stay. Plenty of extra bedding for the cooler evenings. Kitchen was stocked with all the cookware you could want or need. The view is amazing. The neighbourhood was very quiet. Lots of wildlife to see. This is my go to place to stay while in Dana Bay South Africa.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tanya H
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2022

Dit was 'n verfrissende, lieflike 2 weke in Sommerso. Baie stil en ons kon ons batterye weer laai. Die woonstel is ruim, alle toebehore is beskikbaar en netjies. Die see-uitsig is wonderlik en 'n mens kan die see hoor. Sekuriteit is goed en 'n mens kan regtig ontspan en kuier. Sal beslis weer kom vakansie hou in Danabaai met Sommerso as ankerpunt. Is ook naby/deel van Mosselbaai. Oorgenoeg aktiwiteite, eetplekke en besienswaardighede om te ontspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sheree V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Fantasties. Verwagtinge was oortref!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Chrisna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf R1 485
R 1 485 R 1 263
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf R1 485
R 1 485 R 1 263
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 485
R 1 485 R 1 263
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Odorata Street, Dana Bay, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f44d063d55fac734970dea362fd2ce188a60ad8d0d21d385263db415686950c61626393c2d71876b6347af479710879912d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 485 nouVanaf R1 262 per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 25 Odorata Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1992881 22.0371808

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang