Southern Comfort Villa
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Branderdraai Street, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R7 380 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Southern Comfort Villa is 'n smaakvol gemeubileerde en ontwerpte seefront-vakansiehuis in Sandbaai. Die huis bied skouspelagtige see-uitsigte waar gaste pragtige sonsondergange oor Walkerbaai kan geniet. Die eiendom se bote direkte toegang tot die kranspaadjies vanwaar gaste 'n rustige wandeling na Onrus- of Sandbaaistrande kan geniet.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en is ingerig met 'n koninggrootte-bed, en die en suite-badkamer het 'n bad met 'n lieflike see-uitsig. Hierdie kamer het 'n balkon met 'n see-uitsig en is toegerus met 'n TV. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste vloer en is ingerig met 'n koningingrootte-bed, en die en suite-badkamer het 'n stort. Dié kamer het 'n tuin- en berguitsig en is toegerus met 'n TV.
Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Hierdie kamer het direkte toegang tot die seetuin en is toegerus met 'n TV. Die vierde slaapkamer is ook op die onderste verdieping en is ingerig met 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie kamer is toegerus met 'n TV en het 'n tuin-uitsig en toegang tot die swembadtuin.
Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetarea en onthaalarea. Die kombuis is toegerus met 'n gas- en elektriese oond en stoof, yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, en 'n ysmasjien, asook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.
Boonop beskik die huis oor sekere DStv-kanale in al die slaapkamers, WiFi, boeke, toiletware, 'n kaggel, en buite- en binne-eetplekke, asook buitebraaigeriewe, 'n swembad en 'n lieflike privaat tuin.
Gaste het toegang tot skaduparkeerplek en 'n outomatiese dubbelmotorhuis, en die huis is veilig met sekuriteitsbalke.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Corné Geverifieer
Eiendomme 52
Resensies 46
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 34 Branderdraai Street, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Southern Comfort Villa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 34 Branderdraai Street, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang