Successfully reported
+39

Spandau Manor

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Park Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 550 R1 240 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Spandau Manor is in 'n stil area van die skilderagtige dorpie Graaff-Reinet geleë en is stapafstand vanaf restaurante en ander besienswaardighede.

Dié eenheid het slaapplek vir 5 volwassenes of 4 volwassenes en 2 kinders onder 17 jaar in 'n stylvol en suite-kamer met lugversorging. Hierdie kamer het 'n pragtige uitsig op die omliggende berge.

Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is nog 'n slaapkamer met 'n dubbelbed.

Die kamer het 'n yskassie, mikrogolf, lugbraaier, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, en 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix, Disney, Prime Video en Showmax. Gratis WiFi, 'n Weber-braai en buitebraaigeriewe is beskikbaar.

Koffie, tee, melk, suiker, beskuit en ys word voorsien. Daar is 'n skuifdeur wat na 'n dek lei en toegang tot die tuin met 'n swembad en braaigeriewe bied.

Die verblyf het ook 'n noodwaterbron om munisipale water te ondersteun vir gaste se gerief wanneer daar wateronderbrekings is en wat gereeld in Graaff-Reinet voorkom. 'n Omsetter en sonpanele is ook beskikbaar wanneer beurtkrag plaasvind.

Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar. Die parkeerarea het sekuriteitsligte, laserstraalsekuriteit en kameras. Die verblyf het ook 'n sekuriteitstelsel met gewapende reaksie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 2

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Kombuisie
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 83 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Louise C
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike bekostigbare verblyf, sal Spandau Manor enige tyd aanbeveel! Aanbeveel. Heerlike rustige veilige verblyf met alles wat benodig word. Vriendel...
Sien meer
Okt 2025
Suset D
Gesin met klein kinders
5.0
N veilige en gerieflike hawe vir n moeg reisiger om batterye te herlaai. Ons gasheer het ons hartlik ontvang en ons werklik laat tuis voel. N huis weg...
Sien meer
Okt 2025
Paul M
5.0
Great value for money, clean, comfortable, quiet and tranquil setting. Great spot to rest after a long day on the road. Very comfortabl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Eve B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Dit is 'n pragtige plek. Baie sjiek en elegant. Baie vriendelik ontvang en is op die hande gedra. Die gasheer gaan uit sy plek om ons welk...
Sien meer
Sep 2025
Jenny P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie skoon en alles wat mens nodig het. Stan en sy vrou is uitstekende gashere. Ons het baie lekker gebly in die goed toegeruste eenheid.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Stan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 83

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 39 Park Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Spandau Manor het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
R 1 550 R 1 240
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 550
R 1 550 R 1 240
per nag, vir 4 mense
Vanaf R1 550
R 1 550 R 1 240
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 39 Park Street, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc9fb07db1acd6735ed2738b0b88cf37911b7cf4ccb27b7839d72723e06eaf3425b68b98dd80e6c84e06f1ab382f6635b30df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 550 nouVanaf R1 240 per nag, vir 4 mense 83 5 1 5 39 Park Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.24820515018 24.52873012503

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang