Successfully reported
+87

Spruitjie-roer-my-nie

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Vanaf R3 310 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Sprutjie-roer-my-nie is 'n gerieflik gemeubileerde 80 vierkante meter eenheid vir 4 tot 6 mense in Potchefstroom.

Die eenheid is op dieselfde perseel as die hoofhuis geleë, en het 'n privaat ingang en 'n tuintjie. Die eenheid bestaan uit 1 slaapkamer wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die sitkamer is ingerig met 'n enkelbed, 'n driekwartbed en 'n rusbank wat in 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed omskep kan word.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n kragopwekker en 'n gasstoof vir gebruik tydens beurtkrag. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv en Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstel het 'n alarmstelsel.

Troeteldiere word toegelaat indien vooraf gereël. Veilige onderdakparkeerplek met beligting is beskikbaar agter 'n afstandtoegangshek. Mooirivier Sekuriteit (die grootste in Potchefstroom) is oorkant die straat.

Daar is 'n braai-area waar gaste gesellig saam met familie, vriende en hul kinders kan verkeer.

Sprutjie-Roer-My-Nie is 400 m vanaf Mooimed Hospitaal, 1,9 m vanaf Medi Clinic Hospitaal, 800 m vanaf Senwes Park, 1,7 km vanaf Noordwes Universiteit, 850 m vanaf NWU sportgronde, 500 m vanaf Spar, 500 m vanaf The Broken Pot Restaurant, 500 m vanaf Laerskool Mooirivier, 1,2 km vanaf Hoërskool Gimnasium, 950 m vanaf die Aardklop-gronde, 3 km vanaf Mooirivier Mall.
Potchefstroom bied verskeie besienswaardighede, soos die Boskopdam, Boskop Seiljagklub en Buffelsvlei Wildpark.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

6

2 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Dewet B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike kuier. Baie goed geleë en veilig met parkering. Die woonstel is ruim, netjies en goed toegerus. Daar is 'n eie tuintjie met braai geriewe. ...
Sien meer
Okt 2025
Martin D
Gesin met tieners
5.0
Sal vir seker aanbeveel. Baie lekker gebly. Baie gemaklik en ruim. Alles wat 'n mens nodig het, is hier. Gasvrou is baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2025
Francois P
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike plekkie. Uitstekende verblyf.
Sep 2025
Daniel Petrus B
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and cosy. A lot of attention to detail - the small things matter for Spruitjie-roer-my-nie.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Nico B
Gesin met tieners
5.0
Baie mooi en alles wat mens nodig het vir my 100 uit 100. Sal altyd teruggaan na Spruitkie-Roer-My-Nie vir naweek alles skoon en tuin baie mooi.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
  • Gaste dink Spruitjie-roer-my-nie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 310
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 310
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 3 310
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 54 Spruit Street, Potchefstroom, 2520, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAMJicPMtlUAkcPlusVBQErhkcwnbSheiLtHUuDnmw4GZoyhI9Mt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 310 per nag, vir 5 mense 65 5 1 5 54 Spruit Street Potchefstroom 2520 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.702113888234 27.096729317791
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang