St. George's Rest
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 234 St. George's Avenue, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
St. George's Rest bied gerieflike selfsorgvakansieverblyf tussen die bome in die hartjie van Nature's Valley. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek op die Tuinroete aangesien hierdie huis binne stapafstand van die see en strandmeer geleë is.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, terwyl die oorblywende 2 slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die ander 2 badkamers is ingerig met 'n stort en 'n bad, onderskeidelik.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan.
Buite is daar 'n ruim houtdek met sitplek en braaigeriewe wat die perfekte plek is om 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie te geniet terwyl jy oor die bome uitkyk. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Bad
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Candice Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 234 St. George's Avenue, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink St. George's Rest het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: 234 St. George's Avenue, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang