Successfully reported
+74

StarFish Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Seewier Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

StarFish Accommodation bied gaste gerieflik gemeubileerde en veilige verblyf in Struisbaai, net 450 m van die swemstrand af.

Gaste kan die StarFish-huis met slaapplek vir 7 of die StarFish-kamer met slaapplek vir 2 bespreek. Die dubbelverdieping StarFish-huis is vir selfsorg toegerus en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n ruim stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas, mikrogolf, broodrooster, eetgerei en breekware, en etes kan by die etenstafel voor die binnebraai-area geniet word. Die sitkamer het 'n TV met Netflix en dit lei na die stoep met 'n uitsig oor die tuin en buitebraai-area. Die tuin is omring met mure en skuifhekke en dit is geskik vir kinders, troeteldiere en voertuie.

Die losstaande StarFish oopplan-kamer op die grondverdieping het 'n privaat ingang, 'n koningin bed en 'n en suite-badkamer. StarFish kamer is met koffie- en teemaakgeriewe en 'n mikrogolf toegerus. Gaste kan buite sit en word voorsien van braaigeriewe.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. 'n paar stukke vuurmaakhout, 'n braairooster en 'n potjiekospot word voorsien. Ekstra vuurmaakhout en 'n skoonmaakdiens kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word.

StarFish Accommodation is naby verskeie winkels, restaurante, die hawe en swemstarnd geleë. Gaste kan deur die jaar visvang, kajakvaar, branderplankry, vlieërbranderry en walviskyk. Gaste kan ook 4 km na L'Agulhas ry om die Quoin Point-vuurtoring en die Kaap Agulhas-vuurtoringmuseum te besoek, die mees suidelike punt in Afrika sien, of verskeie staproetes in die area aandurf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Suzanne B
Gesin met tieners
5.0
Ontspannend! Heerlik gewees. Die kaggel in die kombuis maak dit 'n gesellige kuierplek! Goed ingerig, sal dit enige tyd aanbeveel.
Okt 2025
Deidre V
Saam met vriende
5.0
Beautiful and peaceful. Beautiful home. Close to the harbour. Very friendly host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Martin G
5.0
Great stay. I used Starfish accommodation as an overnight stay on a motorcycle trip. The accommodation was clean, secure and ideally lo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Desmond O
Saam met vriende
5.0
Will definitely book again at Starfish accommodation. My stay was what you expect from a trip to Struisbaai in the heart of winter but ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Ronel V
Gesin met tieners
5.0
Marinda is 'n baie vriendelike gasvrou. Baie sentraal en gerieflik.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 34 Seewier Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink StarFish Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 000
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Seewier Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAad4c5ea928c92b587efc3ebd47b974aa96e08795a3a18fadec88b6bcaef12dfde350031187eefab6a0b03c29e253deceadc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 51 5 1 5 34 Seewier Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.803584392292 20.056352892725

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang