Stroom Op
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R7 050 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Stroom Op is op die oewer van die Goukourivier in Stilbaai-Oos geleë en bied gehalteverblyf vir 'n groot gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en kan tot 12 gaste op 'n slag akkommodeer. Die eerste 4 slaapkamers is toegerus met 'n dubbelbed in elk, en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed, ideaal vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde badkamer het elkeen 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, 3 yskaste, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n wasmasjien en skottelgoedwasser vir gaste se gerief.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet.
Die huis lei na 'n grasperk op die oewer van die rivier en gaste is welkom om die beskikbare kano's tydens hoogwater in die veilige waterkanale en die rivier te gebruik. Dit spog met pragtige uitsigte oor die sonsondergang oor die rivier en die altyd teenwoordige voëllewe is elke dag 'n belewenis. Die buitebraai is 'n gewilde bymekaarkomplek vir alle gaste.
Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Die huis is kinder- en troeteldiervriendelik en ideaal vir 'n groter groep.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Anneke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Stroom Op het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 33 Main Road East, Still Bay East, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang