Summer Dreams
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1298 Linton Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 14)
Beskrywing
Summer Dreams is net 700 m vanaf die Ski Boat Bay en 2 km vanaf Ramsgate Beach en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde vakansiehuis met 'n see-uitsig. Die huis is veral gewild onder gholfspelers, groot families en groepe.
Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 14 gaste in 7 slaapkamers en op 'n dubbelslaapbank in die boonste sitarea. Op die boonste verdieping is 'n kombuis, leefarea, 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Onder is 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 2 van die kamers onder het koningingrootte-beddens. Die res van die kamers het 2 enkelbeddens elk. Elke slaapkamer het 'n ingeboude kas en 'n plafonwaaier.
Die leefarea bo bied 'n see-uitsig en 'n TV met die volle DStv-pakket. Daar is ook 'n tweede sitkamer onder, ook met die volle DStv-pakket. Dit lei na 'n grasperk waar kinders kan speel, en 'n swembad wat met 'n veiligheidsnet bedek is.
Die huis het gratis WiFi wat beperk is tot 10GB per maand. Die huis het 2 ingange. By die hoofingang is 'n dubbelmotorhuis met 'n outomatiese deur en by die tweede ingang agter kan nog voertuie agter 'n hek parkeer. Verder is daar ook 'n enkelmotorhuis en 'n motorafdak wat kan sluit.
Die huis het gewapende reaksie met Wolf-sekuriteit, volledige sensors binne die huis en die nuutste laserstraal-sekuriteit buite die huis. Die huis se vensters het diefwering.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 40
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 1298 Linton Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Summer Dreams het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1298 Linton Road, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang