Successfully reported
+51

Sweni Lodge 91 Mjejane Kruger

Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 24 Desember 2025. Bespreekbaar tot 7 Nov 2025

Tyd oor om te bespreek
13
Dae
1
Ure
42
Min
36
Sek
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lodge 91, Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
  • Vanaf R3 600 R2 520 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sweni Lodge 91 Mjejane Kruger is in die Mjejane Privaat Wildreservaat, 2 km van Hectorspruit af. Die reservaat is aan die oewer van die Krokodilrivier en is een van Suid Afrika se topreservate en die enigste residensiële landgoed wat direkte toegang met 'n privaat brug na die Krugerwildtuin het.

Sweni Lodge is aan die westelike kant van die hoof-rivierlodge langs die bosstaanplekke. Daar is 3 slaapkamers. Twee van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die huis het 2 volledige badkamers en al die kamers het lugversorging. Daar is 'n groot TV met flieks en 'n privaat dek met 'n uitsig oor die bosveld en 'n lekker braai-area. Die eenheid het onbeperkte WiFi. Sonkrag, gasstoof en -geisers verseker minimale invloed indien die krag onderbreek word.

Die swembad is 'n kort entjie se stap van die kamers af. Daar is 'n klein geriefswinkel in die klubhuis, maar net die allernodigste word verkoop. Klimrame, buitemuurse skaak en 'n speletjieskamer is beskikbaar om die jongspan besig te hou. Daar is onderdakparkeerplek vir 2 voertuie. Die lodge se eie wildkyk-voertuig kan bespreek word met 'n privaat gids vir sonsondergang- en sonsopkomsritte.

Mjejane Reservaat strek 10 km langs die Krokodilrivier af aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin en is deel van die Groter Wildtuingebied. Gaste kan die Groot 5 van die lodge af besigtig. Bespreek 'n wildrit op die lodge se privaat safarivoertuig of geniet 'n selfrit in die Krugerwildtuin met die direkte toegangsbrug (tydelik gesluit). Wilde diere, insluitend die Groot 5, is vry om tussen Mjejane en die Groter Krugerwildtuin te beweeg.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lize G
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastiese verblyf! Dit was die beste plek waar ons al ooit gebly het! Pragtige huis en uitstekend toegerus. Ek sal dit oor en oor aanbeveel en besli...
Sien meer
Okt 2025
Viola U
Gesin met tieners
5.0
Enjoyable getaway from busy city life. Lovely accommodation and location being close to Kruger is great. Game drive was nice and our gu...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Colleen H
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Well equipped and very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Ronel D
Gesin met tieners
5.0
Awesome! Beautiful location! Kitchen with all appliances needed. Friendly guides. The kids loved the pool and putt-putt. The restaurant...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Rindy J
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing! Spacious 3-bedroom house. Beautiful interior. Just a note that the shop does not keep fresh goods like bread, veggies or fruit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Glen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Lodge 91, Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Sweni Lodge 91 Mjejane Kruger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
R 3 600 R 2 520
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R3 600
R 3 600 R 2 520
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 600
R 3 600 R 2 520
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lodge 91, Mjejane Game Reserve, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAozFxZrVPHqYmOd00lDezHa39RC3P1wFetZZa8bhy2cxDV0yIEy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 600 nouVanaf R2 520 per nag (plek vir 6) 29 5 1 5 Lodge 91 Mjejane Game Reserve 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.381893562635 31.713983416557
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang