Switsongo Bed and Breakfast
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 453 Taaibos Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Switsongo B&B is 'n smaakvol versierde B&B in die Hoedspruit Wildlife Estate, in die hartjie van Suid-Afrika se wildsafari-land. Die area is propvol interessante wild wat wissel van die Groot 5 tot manjifieke voëls, plante en reptiele. Die area is 'n natuurliefhebber se droomplek. Switsongo bied 'n ideale basis vanwaar hierdie manjifieke area verken kan word.
Verblyf is beskikbaar in 4 pragtig ingerigte dubbelkamers, elk met sy eie en suite-badkamer. Elke kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, plafonwaaiers, TV met sekere DStv-kanale en WiFi-toegang in. Al 4 kamers maak oop op die sentrale binnehof en swembaddek. 'n Maksimum van 4 paartjies of 8 gaste kan op een slag geakkommodeer word.
Heerlike ontbyte, gemaak van die beste plaaslike bestanddele, word daagliks in die eetkamer bedien. Die natuurlike bos-omgewing waarin Switsongo geleë is, beloof 'n verskeidenheid wild en voëls. Vlakvark, sebra, waterbok, duiker, rooibok en koedoe is maar 'n paar van die spesies wat vanaf Switsongo gesien kan word. Gaste kan op die landgoed stap of rondry en die damme en voëlskuile in die groen gordel van die landgoed besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Koen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 453 Taaibos Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink Switsongo Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 453 Taaibos Street, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang