Tafelkop Keisie Selfsorg Akkommodasie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Goedemoed R318, 14 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Tafelkop Keisie Selfsorg Akkommodasie is vanaf die R318 geleë, ongeveer 14 km buite Montagu. Dit word omring deur wingerde en boorde in die pragtige Keisievallei. Hierdie historiese kothuis is opgeknap om die bekoring van 1909 te behou toe dit oorspronklik gebou is.
Dié kothuis beskik oor 'n groot slaapkamer met 2 dubbelbeddens, 'n slaapbank in die sitarea en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die kothuis het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n oopplan-leefarea met 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en YouTube Premium. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die kothuis het 'n privaat buitebraai-area met 'n onderdakstoep en 'n borrelbad. Die borrelbad is slegs beskikbaar teen 'n ekstra fooi. Gaste word versoek om asseblief hul eie swemhanddoeke en handdoeke vir die borrelbad saam te bring.
Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Ockie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 25
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Farm Goedemoed R318, 14 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Tafelkop Keisie Selfsorg Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Farm Goedemoed R318, 14 km from Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang