Tamarisk 39
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Tamarisk Square, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Tamarisk 39 is 'n woonstel vir tot 6 persone in Jeffreysbaai.
Die woonstel op die grondvloer bestaan uit 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en toegang tot die tweede badkamer. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat 'n TV met DStv het. Let asseblief daarop dat rook nie in die huis toegelaat word nie en gaste kan op die onderdakstoep buite rook. Veilige parkering is beskikbaar agter 'n elektriese hek.
Die huis maak oop na 'n buitebraai-area met die nodige braaitoerusting. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Let asseblief daarop dat die woonstel via 5 trappe bereik word en moontlik nie geskik is vir gaste met fisiese gestremdhede nie.
Tamarisk 39 is slegs 1 km van 'n supermark en restaurante af. Jeffreysbaai bied verskeie aktiwiteite soos swem, branderplankry, valskermspring, sandplankry, bergfietsroetes en besienswaardighede wat wissel van die African Dawn Wildlife Sanctuary, Van Stadens Protea, die Dolphin Beach Entertainment Centre en nog baie meer. Daar is ook verskeie staproetes in die omgewing soos die St Two Harbours Walk, Sharp Point Walk, The Big Tree en Ratel-staproetes, die Falcon Rock-staproete en vele ander.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jackie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- 39 Tamarisk Square, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Tamarisk 39 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 39 Tamarisk Square, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang