Successfully reported
+48

Tavistock Country Home

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tavistock Farm, De Doorns, 6875, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tavistock Country Home is in die pragtige Hexriviervallei tussen die mooiste berge op 'n tafeldruifplaas geleë. Die huis is net 'n uur en 'n half se ry vanaf Kaapstad, 'n ideale oornagplek.

Met sneeu op die berge in die winter en druiwe in die wingerde in die somer, kan gaste die skoonheid van die area regdeur die jaar ervaar. Gaste kan ook Aquila Wildreservaat en spa besoek met die Groot 5 net 30 minute se ry weg.

Die gastehuis beskik oor 5 luukse, privaat, lugversorgde kamers met en suite-badkamers en 1 selfsorg-eenheid. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die vierde kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed vir nog 2 mense.

Die selfsorg-eenheid het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Hier is ook 'n deur vir privaat toegang.

Die kamers beskik ook oor 'n platskerm-TV met DStv-kanale, 'n yskas en mikrogolf vir verhit-en-eet etes, lugversorging asook gratis WiFi, ideaal vir gaste wat werk moet doen tydens hul verblyf, of diegene wat hul ervarings op sosiale media wil deel. Alle eetgerei wat benodig word vir braai word op versoek voorsien.

Die gastehuis het 'n groot swembad vir gaste se gebruik en braaigeriewe vir gehaltetyd saam.

Gaste kry ook veilige parkeerplek op die perseel tydens hul verblyf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Raymond K
Saam met lewensmaat
5.0
Kuier was so lekker dat daar weer gebly gaan word. Baie lekker gebly en die plek was pragtig.
Sep 2025
Danel D
Saam met lewensmaat
5.0
Oase na 'n lang dag. Ons het so lekker gebly. Sal dit definitief aanbeveel!
Sep 2025
Andrew N
Saam met lewensmaat
5.0
A magic location, with amazing hosts! We highly recommend staying at Tavistock! Tavistock Country Home is an amazingly beautiful place!...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Augusta B
Besigheidsreis
5.0
Uitmuntende verblyf, ek het gevoel soos 'n prinses. Van die eerste oomblik af was dit fantasties. Die verwelkoming, pragtige omgewing. Luuks, netjies,...
Sien meer
Des 2024
Christoffel G
Saam met lewensmaat
4.6
Kort (1 aand en was meeste van die tyd uit). Baie gerieflik en ruim. Lekker gebly. Bietjie kort en het nie tyd gehad om van ontspanningsgeriewe gebrui...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Helene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Tavistock Farm, De Doorns, 6875, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tavistock Country Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Rolstoelvriendelike parkeerplek
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tavistock Farm, De Doorns, 6875, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA031a83454bd15516a1696ed3ee591c2c502ad3935dd785ecf994e6b1bb33579836db6da7ad99e54d3763df50b3b4839633c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 Tavistock Farm De Doorns 6875 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.475655546986 19.635732765234
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang