Tendeni Private Lodge
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tendeni Private Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat geleë en bied glanskamp-verblyf net 60 km vanaf Pretoria.
Die lodge bied 'n keuse tussen tente of chalets wat almal 2 gaste kan akkommodeer. Kinders onder 16 jaar kan op versoek en teen 'n addisionele koste akkommodeer word op 'n voubed of 'n daktent vir die meer avontuurlustiges.
Ellke oopplan-eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n plafonwaaier, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Elke eenheid se kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tweeplaatgasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye saam om die etenstafel geniet. Verder kan gaste op die stoep met privaat braaigeriewe ontspan terwyl hul 'n drankie geniet.
Die lodge het 'n gemeenskaplike lapa met 'n sitarea, 'n kombuis, eetarea, TV, kroeg en 'n buitebraai-area, of gaste kan in die swembad gaan afkoel.
Verder kan gaste die verskeidenheid wild soos koedoes, njalas, die rooibok, kameelperde, blouwildebeeste beskou terwyl hulle vry in die veld rondloop.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Willie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 66
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
- Gaste dink Tendeni Private Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off De Wagendrift, Plot 13 Boveneind / Groenfontein, Dinokeng, 1002, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang