Thabamati Luxury Tented Camp
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 12:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Thabamati Luxury Tented Camp, Timbavati Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Vanaf R20 364 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Thabamati Luxury Tented Camp bied 'n intieme tentverblyf-ervaring in die wêreldbekende Timbavati Privaat Wildreservaat wat deel van die Groter Krugerwildtuin vorm. Vanaf die seildoektente het gaste uitsigte oor die dam en bosveld.
Thabamati bied Java-safaritente naby die dam wat elkeen 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed met muskietnette en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n buitestort het. Daar is ook 'n lessenaar, gratis WiFi, koffie, tee, bottels water en 'n privaat sitarea in elke tent.
Die kamp se hoofarea beskik oor 'n eetkamer, sitkamer, kroeg, kuriowinkel en 'n biblioteekhoek. Gaste kan in die randvloeiswembad afkoel, die diere van die uitkykdek af dophou, of in die boma kuier en die sterrehemel bewonder.
Daar is ook begeleide skemerkelkie-wildritte, vroegoggend- of laatmiddag-wildritte, of 'n oggendboswandeling om die rits wild-, insek-, plant en voëlspesies in die area van nader te sien. Saans sal nagapies, muskeljaatkatte, sivetkatte, ystervarke en wilde Afrika-katte soms kom gesigwys.
Ligging
- Thabamati Luxury Tented Camp, Timbavati Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 12:00 tot 15:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Thabamati Luxury Tented Camp, Timbavati Private Nature Reserve, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang