Successfully reported
+17

The Blue Pearl

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Feb 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 522 Kalkoentjie Street, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 R667 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Blue Pearl is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat in die gewilde vakansieoord, Uilenkraalsmond, geleë is. Dit is stapafstand vanaf die strandmeer en putt-putt-bane wat groot genot vir die hele gesin verskaf.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed en die 2 badkamers het onderskeidelik 'n bad en 'n stort. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, ekstra vrieskas, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv en Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n privaat onderdakstoep met 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai wat die perfekte plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl die vuur brand.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Christo O
Gesin met tieners
5.0
Fantasmagories awesome lekker. Ons het regtig baie lekker gebly. Die plekkie is baie mooi en ordentlik toegerus.
Jul 2025
Celeste N
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. Awesome beyond. Will definitely go again. House is neat and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Marietha K
5.0
Lekker gekuier in netjiese, goed toegeruste huis in kampterrein. Veilige, netjiese verblyf met alles wat nodig is vir gerieflike kuier in kampterrein....
Sien meer
Mrt 2025
Suzette Celine E
5.0
Sentimenteel. Dit was so lekker. Die huis is so ruim en netjies en besorg met alles waaraan jy moontlik kan dink. Home away from home!
Nov 2024
David P
Gesin met klein kinders
5.0
Ek gaan definitief weer besoek as ek in die omgewing is. Ongelooflike heerlike kuier. Home away from home. Ek het saam met my vrou, ma, skoonma en my ...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 522 Kalkoentjie Street, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Blue Pearl het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R 1 000 R 667
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R1 000
R 1 000 R 667
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
R 1 000 R 667
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 522 Kalkoentjie Street, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6b3c3ac91e0001a4b07cad439a40cf00816a4c9965faf6cbf3b0691048e1a978ffdfe8369b575e6755fa34095a707049cfe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R667 per nag (plek vir 6) 17 5 1 5 522 Kalkoentjie Street Uilenkraalsmond 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.601555029795 19.409413969352

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang