Successfully reported
+90

The Pot

  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 267 Arizona Crescent, Faerie Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Pot is 4 aparte, gerieflike selfsorgeenhede in Faerie Glen, 'n stil en veilige voorstad op 'n heuwel in Pretoria-Oos. Dié eenhede is naby groot inkopiesentrums soos die Sun Arena at Times Square, Central Square, Menlyn Main, Time Square Casino, Menlyn, Atterbury, Wilgers Hospitaal en Faerie Glen Hospitaal.

Die selfsorgeenhede is naby die hoofhuis en het privaat ingange. Die knus eenhede is ideaal vir 'n gesin en bied slaapplek aan tot 4 gaste. Die eenhede het elk 'n slaapkamer, badkamer en oopplan-kombuis en -leefarea.

The Clay Pot het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n stapelbed en 'n enkelbed in die leefarea. Buite is 'n klein, privaat tuin en buitebraai-geriewe. Die eenheid is troeteldiervriendelik. Daar is onderdakparkeerplek. Daar is ook 'n studeerkamer vir 'n besigheidsreisiger beskikbaar vir privaat vergaderings.

The Blom Pot is 'n oopplaneenheid met 'n slaapkamer, kombuisie en 'n dubbelbed in 'n privaat area, sowel as stapelbeddens in die leefarea. Dit het ook 'n volledige badkamer en 'n aparte toilet. The Blom Pot het nie 'n omheinde tuin nie.

The Zink Pot bied slaapplek aan 6 gaste. Die eerste slaapkamer het 2 stapelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die slaapkamer het ook 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n kombuisie met verhit-en-eetgeriewe.

The Klipp Pot bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die eenheid het 'n kombuisie met 'n lugbraaier, mikrogolf, oond, en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n buite-area vir 'n troeteldier en 'n braai-area. Hierdie verblyf ervaar nie beurtkrag nie.

Die verblyf is naby die N3-snelweg, restaurante, hospitale, inkopiesentrums en trouvenues.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 100 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Eddie E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer, gasheer, 'n dame was stunning, maklik bereikbaar. Puik experience! Tweede besoek, kamer was opgeknap, lekker stil in aand.
Aug 2025
Marlise Kloppers K
Saam met lewensmaat
5.0
Alles wat jy nodig het vir kort verblyf. Baie sentraal geleë. Sien sterre.
Aug 2025
Natanja D
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik en gesellig. Baie goeie ligging. Dit was heerlik, genoeg ekstra komberse vir die koue, lekker warm water en alles wat mens sou kon nodig hê. B...
Sien meer
Jul 2025
Gerhard F
Gesin met klein kinders
5.0
Baie goeie ligging in 'n stil buurt. Ons het baie lekker gebly. Die enigste ding wat gepla het, was dat ons nie altyd warm water gehad het om te stort...
Sien meer
Jul 2025
Martin A
Saam met lewensmaat
5.0
Quiet and well maintained. Lovely, clean and friendly owners.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Suritha Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 103

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 267 Arizona Crescent, Faerie Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink The Pot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 950
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 267 Arizona Crescent, Faerie Glen, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd0bee818503d77ee48d1e112fcc501d6199a665b5a9e2f4cde83dc44340c380fea9e35b685a170b66c58bde80b58d810f5b6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 100 5 1 5 267 Arizona Crescent Faerie Glen 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.773867260822 28.310960933135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang