The Cottage @ Bella Vista
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens Road, Farm Castle End, portion 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Cottage @ Bella Vista is 'n bekoorlike selfsorgkothuis op 'n plaas in Underberg en bied 'n rustige wegbreek in die natuur. Dit is in 'n stil en skilderagtige deel van die Suidelike Drakensberge langs Drakensberg Gardens-weg geleë en is ideaal vir diegene wat sommer net wil ontspan.
Die oopplankothuis bied slaapplek aan 2 gaste en is met 'n omsetter toegerus om ononderbroke kragtoevoer aan die ligte, TV en WiFi tydens kragonderbrekings te verseker. Die kothuis het 'n dubbelbed wat met 2 enkelbeddens vervang kan word indien gaste vooraf reël. Die rolstoelvriendelike en suite-badkamer het 'n stort, handstort, stortstoel, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, drieplaatstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n kaggel. 'n Derde persoon kan op versoek teen 'n ekstra koste geakkommodeer word. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kothuis lei na 'n welige grasperk met sitplek, 'n ketelbraai.
Nabygeleë aktiwiteite sluit bergfietsry, voetslaan, gholf, 'n spa, perdry en plaaslike restaurante in. Let dat hierdie aktiwiteite onderhewig is aan bespreking en beskikbaarheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jenny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Drakensberg Gardens Road, Farm Castle End, portion 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Cottage @ Bella Vista het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Drakensberg Gardens Road, Farm Castle End, portion 13, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang