The Deluxe Spa Room @ Bushwa Game Reserve
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 67KR Zondachsfontein Farm, Bushwa Game Reserve, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Vanaf R6 998 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bushwa Wildreservaat is in die hartjie van die malariavrye Waterbergbiosfeer in Limpopo geleë. Dié gerieflike wegbreekplek buite die stadsgedruis is net 2,5 uur se ry vanaf Johannesburg.
The Deluxe Spa Room @ Bushwa Game Reserve is by die Tsamma Bush Spa geleë en is ideaal vir 'n privaat, romantiese wegbreek. Die kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.
Die kamer is met 'n yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, het 'n knus sitarea en lei na 'n stoep met 2 sonstoele vanwaar gaste die uitsig kan bewonder.
Bushwa Wildreservaat bied 'n rits spa- en welstandbehandelings, wildritte en voëlkyk. Gaste kan by begeleide wildritte of gespesialiseerde bosstaproetes saam met gekwalifiseerde en ervare veldwagters aansluit om kameelperde, elande, sebras, koedoes en verskeie ander wild van nader te sien. Die hooflodge spog met kaggels in die winter en 'n swembad by die swembaddek waar gaste in die somer kan afkoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 67KR Zondachsfontein Farm, Bushwa Game Reserve, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 17
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 67KR Zondachsfontein Farm, Bushwa Game Reserve, Vaalwater, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang