Successfully reported
+42

The Donkey Dairy Kothuis - Plaaswerf Verblyf

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off HD 23, Boschfontein Farm, Maanhaarrand, 0346, Noordwes
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Die unieke Donkey Dairy Kothuis - Plaaswerf Verblyf is teen die hange van die majestueuse Magliesberg geleë en bied gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf op 'n werkende donkieplaas, slegs 16 km vanaf Hekpoort en die dorp Magaliesburg. Die eiendom word aangedryf deur sonkrag.

Die plaas is die tuiste van alpakkas, miniatuur donkies, perde, hoenders, hase, chinchilla's, bokke en koeie, en die verblyf word aangebied in 'n aparte kothuis geleë, maar naby die hoofhuis.

Die kothuis is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders van 15 jaar en jonger en het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, asook 'n slaapbank vir 2 kinders, en het 'n groot instapkas. Gratis WiFi en 'n TV met Netflix is ook beskikbaar.

Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak. Gerieflikheidshalwe word linne, badhanddoeke, toiletpapier en 'n stukkie natuurlike donkiemelksep voorsien. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, potte en panne, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n strykyster en strykplank. Komplimentêre koffie, tee, melk en tuisgebakte beskuit sal met aankoms beskikbaar wees.

Die kothuis maak oop op 'n stoep met 'n etenstafel, en buitebraai en boma-area met hangmatte vir gaste wat die sterrehemel wil geniet, en 'n klein privaat swembad om in af te koel. Onderdakparkeerplek word voorsien.

Die Mini Plaaswinkel bied aan gaste koeldrank, lekkers, tuisgemaakte konfyte en beskuit, asook die bekende Donkey Dairy produkte soos melk, seep en gesigroom.

Gaste sal volle toegang tot die plaas van 34 hektaar hê, en is welkom om met die plaasdiere te kommunikeer en aan plaaspligte deel te neem soos om die bababokkies te voer. Die plaas bied 'n gesinsvriendelike staproete, Brayer's Eye, met die bergdonkies en is 2 km lank. Piekniekkomberse en rugsakke vir die staproete sal ook voorsien word. Vir romantiese paartjies sal 'n staptog na Long Ears Lookout 'n lieflike uitsig oor die Magaliesberg-vlaktes bied terwyl hulle 'n glas sonsondergangwyn geniet.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbank vir 2

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 46 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Alan S
Gesin met klein kinders
5.0
A magical farm experience our toddler loved - goats, bunnies, and more! We had a wonderful weekend at The Donkey Dairy! The cottage was...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Zian H
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige plaas lewe. Niks is so lekker as om die oggend te begin met baba bokkies melk te voer nie.
Jul 2025
Sharne F
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing. Everything was fantastic. The people, the animals, all of it was great. Loved the weekend away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Raiden E
Saam met lewensmaat
5.0
I literally could not recommend this place more. I was blown away. Absolutely phenomenal with such beautiful animals and the most excep...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Joanie K
Gesin met klein kinders
5.0
Beste plaas kothuis vir 'n rustige naweek weg, met wonderlike pret saam die diere. Wat 'n heerlike naweek! Almal is vriendelik en verwelkom jou met 'n...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jesse Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 48

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off HD 23, Boschfontein Farm, Maanhaarrand, 0346, Noordwes
  • Gaste dink The Donkey Dairy Kothuis - Plaaswerf Verblyf het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off HD 23, Boschfontein Farm, Maanhaarrand, 0346, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA704ebd265eec4bcbb75235fe2c41e7b4d9a36f8af338e2dcf44ff8141aeb3bba2be26e487c04dc3ff93bf4937f80e469dc6f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 46 5 1 5 Off HD 23 Boschfontein Farm 0346 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.874472749121 27.455471706391
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang