The Dutch Corner House
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 31 Jul 2025 tot 1 Des 2025.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R600R450 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
The Dutch Corner House bied lieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n rustige wegbreek aan die Weskus aangesien hierdie eiendom stapafstand vanaf die hoofstrand van Langebaan geleë is.
Hierdie eiendom bied die keuse van óf die hoofhuis óf 'n aangehegte woonstel met sy eie ingang. Die hoofhuis kan altesaam 7 gaste op 'n slag gerieflik akkommodeer en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed, terwyl die tweede slaapkamer 'n enkelbed en 'n stapelbed het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar. Hierdie spasie het ook 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet.
Boonop het hierdie eiendom 'n binnenshuise vermaakkamer met 'n veerpyltjiebord, 'n kroeg met stoele en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet. Buite is daar 'n boma met 'n sentrale vuurput en 'n piekniektafel waar gaste kan ontspan en die see-uitsigte kan bewonder.
Die Hoekkamer beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n koningingrootte-bed ingerig is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Hierdie eenheid het ook 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Dié woonstel het sy eie buitelugruimte met sitplek en braaigeriewe.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mark Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink The Dutch Corner House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Limoneum Close 4, Myburghpark, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang