The Franklin Loft Apartment 1610
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Pritchard Street, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Franklin Loft Apartment 1610 is 'n moderne selfsorgwoonstel in die Franklin-gebou in Johannesburg. Die Franklin Solderwoonstelle bied stylvolle en ruim verblyf in 'n privaat en prentjiemooi ligging. Dit het ook al die geriewe wat jy van 'n modieuse woonstelblok sal verwag, soos vriendelike personeel, 24 uur-sekuriteit, veilige ondergrondse parkeerplek, 'n groot en goed toegeruste gimnasium en 'n portier op die perseel wat gaste met navrae en versoeke help.
Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die ruim badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n Nespresso-koffiemasjien, teemaakgeriewe, 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 2 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n Bluetooth-klankstelsel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook vinnige WiFi.
Daar is verskeie restaurante, koffiewinkels, kroeë, teaters en nagklubs in die area, asook 'n Woolworths as jy by die huis wil eet. Die woonstelle is gerieflik naby hoofkantore geleë vir gaste wat vergaderings in die stad moet bywoon.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 5
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 4 Pritchard Street, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Pritchard Street, Newtown, Johannesburg, 2001, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang