Successfully reported
+17

The Lazy Lizard Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Mendoza Drive, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Lazy Lizard Guesthouse bied gerieflik gemeubileerde verblyf vir vakansiegangers, sowel as sakereisigers na Herrwood Park, Umhlanga.

Gaste het 'n keuse van 2 kothuise wat apart van die hoofhuis geleë is, en elke kothuis het 'n privaat ingang. Die kothuise het lugversorging vir gerief, het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind, en is ingerig met dubbelbeddens. Elkeen van die eenhede het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en vir gerief word handdoeke en linne voorsien.

Elke kothuis het 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Kontinentale ontbyt kan op versoek voorsien word teen 'n ekstra koste. 'n TV met DStv is beskikbaar, en die leefarea maak oop op 'n afgesonderde tuinstoep met 'n ingeboude braai-area. Rook word nie in die kothuise toegelaat nie.

Veilige parkeerplek van die straat af word voorsien, en die kothuise word daagliks skoongemaak behalwe vir naweke en openbare vakansiedae. Troeteldiere is welkom met vooraf reëling.

The Lazy Lizard Guesthouse is net 2 km vanaf die Umhlanga hoofstrand en 'n verskeidenheid restaurante en winkels, 2,4 km vanaf die Gateway Winkelsentrum en Netcare Hospitaal.

Umhlanga bied 'n verskeidenheid doendinge soos visvang, snorkel en skubaduik, walvis- en dolfynkyk, 4x4- en voetslaanroetes, gholfbane, asook verskeie restaurante. Besienswaardighede in die area sluit die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, die Mr Funtubbles Fabulous Family Fun Fair, en meer in.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Carissa G
Besigheidsreis
5.0
Immaculate cottage vibe. Immaculate cottage vibe with a gorgeous garden. A quick drive to the beach. Perfectly located. The host was pr...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Corlea H
Besigheidsreis
5.0
Absoluut heerlik. Absoluut awesome en sal beslis weer daar bly. Ek reis met my German Shepherd en sukkel om regte pet friendly plekke te kry. Wel, Laz...
Sien meer
Okt 2024
Yvonne L
Besigheidsreis
5.0
We had a great stay. It was good we did not spend too much time, but the hospitality was great; it felt like we stayed at home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Natasha Y
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelik, behulpsaam, gasvry. Dit was 'n awesome plek, my honde was saam en dit het so lekker gewerk met die klein tuin. Baie dankie vir 'n lekker p...
Sien meer
Aug 2024
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Heerlike gebly. Skoon en netjies! Beveel The Lazy Lizard Guesthouse beslis aan. Dit was nie ons eerste besoek by The Lazy Lizard nie en gaan beslis oo...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 3 Mendoza Drive, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Lazy Lizard Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 3 Mendoza Drive, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA101e049ca1eb789c0e48fd26fc8c2b4b1abc0c904302fc946409275c469dcd1cc468feef6ac587fbf31031368d33abb7f453?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 3 Mendoza Drive Umhlanga 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.716318370994 31.083279963125

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang