Successfully reported
+82

The Old Butler House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 53 Breë Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Vanaf R790 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Old Butler House is 2 pragtige huise gebou in 1814 en 1840. Die 2 ou herehuise is langs mekaar geleë in die historiese deel van Nxuba (Cradock), elk met sy eie unieke geskiedenis.

Die 2 huise kan tot 16 gaste akkommodeer. Daar is 2 tuinrondawels met slaapplek vir 4 gaste en 'n tuinkothuis met slaapplek vir 3 gaste.

Die gastehuis se 11 en suite-kamers het elkeen 'n koninggrootte-bed, dubbelbed of enkelbeddens. Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolfoond, vere- en bokhaar-duvets, 'n verwarmer, 'n waaier, 'n TV en gratis WiFi.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar met baie spasie vir sleepwaens.

Die tuin is groot en boomryk met 'n swembad en braaigeriewe vir gaste om te gebruik. 'n Wegneem-ontbyt of 'n aansit-ontbyt kan soggens op versoek bedien word. Ligte aandetes word ook bedien indien dit voor 13:00 op die inklokdatum bespreek is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 145 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Iza J
5.0
Vriendelik, netjies, veilig. Heerlik gebly. Almal was so vriendelik en ons het baie veilig gevoel. Alles wat ons nodig gehad het.
Okt 2025
Morne C
Saam met lewensmaat
5.0
Beste diens wat ons in 'n lang tyd nog gekry het. Ongelooflike vriendelike gasvrou. Sy het ons die heeltyd ingelig gehou. Selfs oor die klimaat. Netji...
Sien meer
Okt 2025
Nicole D
Saam met lewensmaat
5.0
It was fine for what we needed. It was just for an overnight stay, so we didn't need much other than a clean, comfy bed and a hot showe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Noeleen H
Saam met vriende
5.0
The rooms were clean and neat and the bed was very comfortable. Tranquil surroundings, friendly host and a most enjoyable stay for one ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Johannes V
Gesin met klein kinders
5.0
Waarde vir geld. Ongelooflik skoon, netjies en stylvol. Ons het dit baie geniet. Alles was netjies, in plek en 100% in werking. Baie dankie! Julle sal...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Riana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 145

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 53 Breë Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Old Butler House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 790
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 790
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 53 Breë Street, Cradock, 5880, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbd7ac42501fc675edc5e2888b412a7c08cc16b9caf58e6ee4b255103159d085215d5bb348b880173b005bfc90f6f10e790b1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag, vir 2 mense 145 5 1 5 53 Breë Street Cradock 5880 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.172896462681 25.616655885861
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang