Successfully reported
+27

The Owl House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Meeurots Close, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

The Owl House is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis in Kersbosstrand, Dwarskersbos. Dié vakansiehuis is 200 meter van die strand af.

Die huis is toegerus met 'n omskakelaar en batterystelsel wat krag verskaf aan al die dakligte, TV, WiFi en yskas. Daar is 'n gasstoof. Beurtkrag het 'n minimum impak op gaste.

Dié bekoorlike vakansiehuis bied slaapplek aan tot 6 persone en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel die tweede badkamer, toegerus met 'n stort en 'n bad; beide badkamers het verwarmers geïnstalleer, en daar is elektriese komberse op al die beddens in die winter. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n 4-plaat gasstoof met 'n elektriese oond, asook 'n filterkoffiemasjien, 'n ketel en 'n broodrooster. In die aparte opwaskamer is daar 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte en panne, 'n strykyster en 'n strykplank. T-handdoeke, opwaslappies en opwasmiddel word voorsien.

Die oopplan-leefarea bied 'n 6-sitplek-eetkamertafel, banke om op te ontspan, 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n groot houtkaggel wat die huis knus en warm sal hou in die winter. Die leefarea lei na die braaikamer, wat 'n ingeboude braai-area, 'n 6-sitplek tafel en stoele het; 'n braairooster, braairak en braaigereedskap word voorsien.

Parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir 2 voertuie, agter die huis.

In Dwarskersbos is daar 2 kafees wat kos verkoop en 'n bottelstoor. Daar is 2 restaurante, The See-Kaia en Deli on Main, 'n haarkapper, 'n binneversieringswinkel en 'n wassery. Daar is 'n groot supermark in Laaiplek, en 'n winkelsentrum in Vredenburg. Daar is 4x4-roetes in die omgewing, asook baie grondpaaie vir bergfietsryers.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Ina D
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike, goed toegeruste rusplekkie. Baie lekker gebly in Owl House. Perfek toegerus vir enige reisiger en baie netjies!
Okt 2025
Bessie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly. Ruim huis, ideaal vir 'n gesin van 6. Pynlik netjies en skoon. Heerlike braai area. See is naby.
Sep 2025
Chenille T
5.0
Most comfortable and enjoyable stay in a well equipped house. Well done! We had a thoroughly enjoyable and comfortable stay at the Owl ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Kevin W
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie ontspanne, genoeg spasie en baie netjies. Sal definitief weer besoek. Dit was regtig baie lekker.
Jun 2025
Estelle C
Saam met lewensmaat
5.0
We had a great time and rested well. Loved the stay and had beautiful weather. We had a perfect stay, the house was clean, neat and had...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sallie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 5 Meeurots Close, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Owl House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 900
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Meeurots Close, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0947f424d2a01906cdab7fda5fa76decc1d4f80bb6403b1ca3820748ab7e7f6e47af2d738945026fcedfc36d576d4d126007?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag, vir 6 mense 27 5 1 5 5 Meeurots Close Kersbosstrand 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.680867119148 18.24667414626
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang