Successfully reported
+8

The Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 40 Thys Olivier Street, Dwarswegstrand, Groot Brakriver, 652, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

The Place is 'n lieflike tuinwoonstel met 2 slaapkamers in Glentana en bied gerieflike verblyf aan 4 gaste. Gaste kan saans luister na die gedruis van die see en soggens kyk hoe dolfyne in die see baljaar. Walvisse kom ook in walvisseisoen hiér voor.

Die eenheid is op die grondvloer van 'n dubbelverdiepinghuis en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n see-uitsig en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en mikrogolfoond in. Daar is 'n area agter die huis wat beskut is teen die wind waar gaste kan braai.

In die leefarea is daar 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied 'n uitsig oor die tuin met die see in die agtergrond.

Die Grootbrakriviermonding is 'n gewilde visvang- en swemplek.

The Place is net 150 m se stap vanaf die see.

'n Spar met 'n Tops, die gewilde De Dekke-pretpark, 'n Wimpy en ander geriewe is 6 km hiervandaan. Daar is ook tientalle besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang in Mosselbaai, voetslaan in die berge, seil in Wildernis, die Kango-grotte in Oudtshoorn en 'n aarbeiplaas net voor George.

Groot-Brakriver is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos en sy ATKV-oord en George. Die lughawe in George is 20 minute se ry vanaf The Place en 'n lughawependeldiens is teen ekstra kostes beskikbaar.

Geen troeteldiere word toegelaat nie aangesien daar klaar groot honde op die perseel is.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 40 Thys Olivier Street, Dwarswegstrand, Groot Brakriver, 652, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 200
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 3 200
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 40 Thys Olivier Street, Dwarswegstrand, Groot Brakriver, 652, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkdvwtV9vDjX17bRCPCREXAQu1FXauEXX5ILF5c9itAcsNBe1fy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag, vir 4 mense 4 5 1 5 40 Thys Olivier Street Dwarswegstrand 652 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 09:00 -34.049687764874 22.26900694353
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang