Successfully reported
+20

The Rock

  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Rocklands Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Rock is 'n rustige wegbreek- en rusplek versteek in die hartjie van Hermanus in 'n baie stil, rustige en veilige omgewing. Dit is 200 m se stap van die skilderagtige kus af met sy gewilde kranspaadjies en 1,5 km van die middedorp af. Almal wat hier kom kuier, slaap al hul sorge weg met die geklots van die branders teen die hoë rotse en kom maak hul leë bekertjies weer vol.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes. Twee klein kinders kan moontlik in die openbare sitarea geakkommodeer word. Die kombuis is toegerus met tee en koffie, 'n ketel, 'n groot yskas, 4 gasplate, 'n 2-plaatstofie met 'n oondjie, 'n mikrogolfoond, broodrooster, strykyster en strykplank. Die badkamer het 'n groot instapstort en toilet met 'n gasgeiser wat altyd warm water voorsien. Beddegoed, badhanddoeke, vadoeke en skoonmaakprodukte word voorsien. Daar is ook 'n kaggel, waaier en 'n eethoekie. Aan die voorkant van die kothuis is 'n privaat braai-area en 'n wasgoedlyn aan die agterkant.

WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek op die erf agter toesluithekke, 'n alarmstelsel en reaksie-eenheid. Die kothuis beskik oor amper volle sonkrag in die geval van beurtkrag. Die slim-TV sluit OVHD-kanale en YouTube in en gaste kan met hul eie Netflix, YouTube Premium of DStv aanmeld.

Doendinge in die omgewing sluit swem, staproetes, perdry, branderplankry, duik, walviskyk, visvang, kanovaart, duik in haaihokke, wynproe, voetslaan en nog baie meer in. SANSA (South African National Space Agency) is stapafstand van The Rock af.

Die staproetes begin 200 m van die kothuis af, en die omgewing is stil, rustig en veilig. Swemstrande kan binne 7 km van beide kante af gevind word, maar daar is 'n paar kleiner strande, rotspoele en rotsswembaddens naby.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Kinderbank vir 1

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.3
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Anschen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 47 Rocklands Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Rock het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 47 Rocklands Street, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA774fbca6155003551672f96bc84e70255e97aa781bf29b133ec1f4643d0dbe24ef9e76e9ae784e1ec4593d0bf9c03aa5ea52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 47 Rocklands Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.427295 19.228334
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang